Waardes

Hoofblad

   

 Integriteit
  • ons doen wat ons sê

  • ons is opreg in ons handel en wandel

  • ons is lojaal teenoor Taxtoria en mekaar

  • ons kan op mekaar vertrou

  • ons is eerlik teenoor mekaar en onsself

  • ons is konsekwent in wat ons sê en doen

  • ons betaal skulde soos ooreengekom

  • ons wil sterk wees sonder om te slaan

  • ons het balans in die lewe

 Uitnemendheid
  • ons doen werk bo die verwagting

  • ons loop graag die ekstra " myl " vir kliënte en mekaar

  • ons tree pro - aktief op

  • ons wil standaarde deurlopend verhoog

  • ons wil kwaliteit opleiding geniet en verskaf

  • ons wil kwaliteit mense in diens neem

  • ons wil kwaliteit kliënte diens

  • ons wil waarde toevoeg tot ons kliënte se besigheid

  • ons gee daardie " iets " ekstra van onsself

  • ons neem die inisiatief in die verbetering van stelsels

  • ons wil gelukkig wees sonder om tevrede te wees

  • ons wil durf en waagmoed aan dag lê , maar ook versigtig wees

  • ons gaan verder sonder om oor die rand te gaan

  • ons wil presteer sonder om 'n obsessie daaroor te hê

 Respek vir Mekaar
  • ons help mekaar groei

  • ons ondersteun mekaar

  • ons stel opreg belang in mekaar

  • ons gun mekaar die wereld se geluk

  • ons erken mekaar se talente

  • ons respekteer mekaar se menswaardigheid

  • ons is toeganklik vir mekaar

  • ons is sensitief vir mekaar

  • ons is vrygewig sonder om naief te wees

 Profesionalisme
  • ons glo in voortdurende verbreding van kennis

  • ons glo in die standhou van kennisvlakke

  • ons optrede moet getuig van 'n gerekende persoon

  • ons kleredrag moet pas by 'n professionele beeld

  • ons hanteer kliënte se inligting met konfidensialiteit

  • ons is nie kenners op alle gebied nie

  • ons onderskryf die profesie se gedragsreëls

  • ons doen ons werk met groot sorg en vaardigheid

  • ons is effektief in ons werkswyse

  • ons is netjies in ons werk en voorkoms

 Wysheid
  • ons enigste bron van wysheid is Jesus Christus

  • ons wil graag meer leer

  • ons erken ondervinding in personeel

  • ons wil mense sien groei as mense

  • ons wil mekaar se ondervindingsvelde vergroot

  • ons wil eers luister voor ons praat

  • ons weet wanneer om stil te bly en wanneer om te praat

  • ons wil probleme begryp selfs al begryp kliënte dit nie

  • ons bied oplossings aan wat ons seker weet die beste is

  • ons verkry kennis as ons dit nie self het nie

  • ons kliënte se belange is meesal belangriker as jou eie

  • ons wil billik en tydig vergoed word vir dienste gelewer

  • ons oorweeg oordink, is versigtig en neem ferme aksie

  • ons erken God sonder Wie geen waardes stand hou nie

 Positiwiteit
  • ons geniet die lewe ten volle

  • elke probleem is 'n geleentheid

  • ons probeer altyd die positiewe raaksien

  • ons is positief ten spyte van hoe ons dalk mag voel

  • ons spreek konflik positief aan

  • ons is vry sonder om roekeloos te wees

  • ons is vol selfvertroue sonder om arrogant te wees

Na Bo